MOSSELBAAI NUUS - ‘n Lykskouing is gister, op Donderdag, 15 September op die liggaam van die baba wat op Dinsdag, 13 September in ‘n koelsak op die strand by Hartenbos gevind is voltooi.
Die polisie se kommunikasiebeampte, kapt Malcolm Pojie sê die gevorderde stadium van ontbinding maak dit tans moeilik om die baba se geslag of ras te bepaal.
Pojie sê ‘n verbyganger het om ongeveer 10:00 op die liggaam afgekom. Die baba is in 'n pienk lap toegedraai, waarna die liggaam ook met 'n Pick n Pay-inkopiesak en 'n swartsak toegedraai is. Die koelsak waarin die baba gevind is, is nie 'n algemene kleur nie en het kleurvolle patrone.
Die koelsak het by die Hartenbos-riviermond uitgespoel.
“DNS-monsters is van die baba se liggaam geneem om ontleed te word om die moontlike ouderdom en geslag van die baba te bepaal,” sê Pojie.
Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte in die saak ao Marizaan du Plessis van die Da Gamaskop-polisiestasie kontak by 079 879 9003.
Lees meer in susterpublikasie, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'