BEAUFORT-WES NUUS - Die streekhof in Beaufort-Wes het Ricardo Jacobs, wat op 6 Julie 2019 in Safraanlaan, Beaufort-Wes, vir Samantha May (24) vermoor het, is tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.
Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het die staat die hof gevra om van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk, aangesien hy sy meisie 42 keer noodlottig, voor haar minderjarige kind gesteek het.
Luidens Ntabazalila se verklaring het Jacobs van die toneel gevlug, maar is hy die volgende dag in hegtenis geneem.
"Hy het aan die polisie gesê dat twee Kaapse bendelede sy meisie vermoor het, en dat hulle in hul huis was omdat hulle hom ook wou doodmaak. Hy het geweier om die polisie na die huis te neem, en hulle het hom na die polisiestasie geneem waar hy aangehou is vir die besit van 'n skaapskêr. Die polisie het toe nie bewyse gehad dat hy by May se moord betrokke was nie. Hulle het hom later na die plaaslike hospitaal geneem toe hy onsamehangend gepraat het en onder polisiebewaking gehou is. Die polisie het eers die volgende dag vasgestel dat hy by haar dood betrokke was, hom gearresteer en van haar moord aangekla."
Hy het verder gesê dat Jacobs vir waarneming weggestuur is, maar die saak is weens Covid-19 vertraag.
May se seuntjie was aanvanklik baie bang en emosioneel toe hy moes getuig omdat hy bang was om Jacobs weer te sien. Hy het egter in camera getuig.
Lees meer by www.oudtshoorncourant.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’