OUDTSHOORN NUUS - Die bestuurder van die vragmotor, Sibusiso Hadebe (54), wat verlede week in twee huise in Riemvasmaak vasgery het, het Saterdag aan sy beserings beswyk. Hy is van KwaZuluNatal.
Dié gru-ongeluk is nog vars in die geheue van inwoners wat geskok is oor die skade nadat die graanvragmotor die pad verlaat en deur twee HOP-huise geploeg het.
Die eiendomme is erg beskadig en onbewoonbaar gelaat.
Buiten die twee huise het die een huiseienaar se motor ook in die slag gebly.
Hadebe het as vragmotorbestuurder vir Grain Carriers Transportation Service gewerk.
Maatskappy gesels met koerant
Tom Terblanche, besturende direkteur van die vragmotormaatskappy noem aan Oudtshoorn Courant dat dit 'n baie hartseer voorval is, waarop hul tans nie te veel kommentaar kan lewer nie.
Lees meer by www.oudtshoorncourant.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’