TUINROETE NUUS - Alle onderwysers, leerlinge, afrigters, voormalige spelers en enigeen met 'n passie vir en agtergrond in krieket word uitgenooi na 'n skeidsregterskursus hierdie komende naweek.
Die kursus, aangebied deur SWD Krieket se skeidsregtersvereninging, is gratis en gemik op enige persoon wat 'n belangstelling het om die "man in die middel" te wees tydens wedstryde.
Volgens woordvoerder Jean Neethling word vroue veral aangemoedig om dit by te woon.
Die kursus sal op Saterdag 1 September te Loeriepark in George gehou word by die klubhuis. Verrigtinge begin stiptelik om 10:00.
Vir verdere navrae, kontak Neethling op 082 776 9510.
As skeidsregter kan jy ook vereer word. Hier is 'n handvol SWD skeidsregters vanuit verskillende ligas by die SWD-skeidsregtersvereniging se onlangse prysuitdeling.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'