Video
KNYSNA NUUS EN VIDEO - Toorbos, René van Rooyen se verwerking van die bekroonde skrywer Dalene Matthee se 2003 topverkoper-roman wat in die Knysna-woude geskiet is, is gekies as sluitingsfilm by die negende kykNET Silwerskermfees wat van 21 tot 24 Augustus by The Bay Hotel in Kampsbaai aangebied word.
Die film ondersoek die ontworteling van ’n jong bosvrou in die tyd van die laaste bosbewoners van die Knysna-woude van die 1930’s.
Dit is die storie van "bosvrou" Karoliena Kapp se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit ’n hindernis word in haar belewenis van die man wat sy liefkry.
Draaiboekskrywer en regisseur René van Rooyen het die boek Toorbos in 2012 gelees en dadelik aanklank gevind met Matthee se eerlike en rou uitbeelding van die vroulike psige.
Haar paaie het gekruis met vervaardigers André en Dries Scholtz, en die film is in die Knysna-woude geskiet, met Elani Dekker en Stiaan Smith in die hoofrolle as onderskeidelik Karoliena Kapp en Johannes Stander.
Jy kan Toorbos se lusmaker hier sien:
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'