KNYSNA NUUS - Op Saterdag 3 November het die derde somerliga van die Eden-hengelassosiasie vir 2018/2019 op Stilbaai plaasgevind.
Stilbaai-hengelklub het daarin geslaag om die beste te vaar op die betrokke dag met 127.60 punte. Die top hengelaar was Henry Terblanche van Stilbaai met 126.79 punte. Die top junior was Johan L van Rensburg (O16) van Mosselbaai-hengelklub met 13.88 punte.
Top O21 was Luan Els van Triton-hengelklub met 30.74 punte. Top meester was Deon Naude van Triton-hengelklub in Mosselbaai met 19.48 punte. Die top groot meester was Peet May van Mosselbaai-hengelklub met 9.32 punte.
Die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 22.02kg, is gevang deur Matthew Sumner van Stilbaai, en die swaarste oneetbare vis was 'n swartpylstert van 111.88kg wat ingeweeg is deur Henry Terblanche van Stilbaai.
Die totale massa vis gevang was 860.61kg tussen 158 hengelaars. Daar is 108 oneetbare visse gevang en 37 eetbare vis. Al die vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Die volgende kompetisie vind plaas op 17 November.
Luan Els van Triton-hengelklub in Mosselbaai met 'n bulrog van 30.74kg.
Henry Terblanche van Stilbaai met n swartpylstert van 111.88kg. Foto's: Verskaf
Artikel: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'