NASIONALE NUUS - Suid-Afrikaanse motoriste kan beduidende afslag in brandstofpryse verwag om 2024 af te skop, sê die Motorvereniging (AA). Na aanleiding van nie-geouditeurde data van die Sentrale Energie Fonds (CEF), sê die AA dat beide grade van petrol, diesel, en paraffien se pryse sal aansienlike afnames toon wat die finansiële druk op verbruikers in Januarie sal verlig.
"Volgens die data sal ULP93 met sowat 68c/liter afneem, en ULP95 sal met 82c/l afneem. Diesel gaan aansienlik afneem met sowat R1.50/l, terwyl verligtingsparaffien ook met sowat R1.42/l gaan afneem.
"Die voorspelde afnames in die groothandelsprys van diesel gaan hierdie brandstofprys bring na sowat R20,32/l binnelands, teen 'n prys wat laer is as dieselfde tyd verlede jaar," sê die AA.
Die verwagte afnames kan toegeskryf word aan aansienlik laer internasionale produkpryse.
Alhoewel die rand nie goed presteer teenoor die Amerikaanse dollar nie, toon die data dat die beweging van internasionale produkpryse die mees substansiële rol speel in die voorspelde afnames.
"Hierdie afnames sal 'n lang pad gaan om die las van brandstofpryse - en die daarmee gepaardgaande impak op ander pryse - wat deur miljoene Suid-Afrikaners gevoel word, te verlig. Vir baie reisigers wat met vakansie gaan, is hierdie ook goeie nuus omdat dit ongetwyfeld uitgawes op die terugreis van hul reise sal verminder," sluit die vereniging af.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’