Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat hoewel die stigting vir voorkoming van ongelukke waar kinders betrokke is (www.childsafe.org.za) sê dat ouers en sorggewers daarvoor verantwoordelik is om 'n veilige omgewing vir kinders te skep, die meeste ernstige beserings steeds in en om hul huise opgedoen word.
"Dit beteken dat ouers hul bekende omgewing deur 'n nuwe bril moet beskou en dit daadwerklik vir hul babas en kleuters moet beveilig.
"En dis nooit te vroeg om te begin nie: Selfs baie jong babas wriemel, beweeg rond en druk teen voorwerpe met hulle voete, en wanneer hulle eers begin rol, kruip en loop raak die risiko's groter."
- Bring veiligheidshekke by alle trappe aan;
- Bring grendels aan alle kaste op vloervlak aan, veral in kombuise, badkamers en waskamers waar giftige stowwe geberg word;
- Bedek alle oop elektriese kragpunte met veiligheidsproppe;
- Beveilig alle boekrakke of meubels wat kan omval indien 'n kind daarteen probeer opklouter;
- Verwyder alle koorde wat van ketels, strykysters, gordyne of blindings afhang of rol dit op;
- Gebruik veiligheidsglas in alle skuif- en stortdeure en merk sulke deure met helder plakkers of kleeflint op die kind se ooghoogte;
- Bring deurstuiters aan om te voorkom dat kinders hul vingers in deure vasknyp;
- Bring grendels of versperrings voor alle vensters op boonste verdiepings aan, sowel as bykomende balkonrelings, indien nodig; en natuurlik
- Maak seker jou swembad is veilig omhein en dat dit met 'n veiligheidsnet bedek word.