LEEFSTYL NUUS - Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel-skenkingswinkels het vanjaar ? groot mylpaal met sy Dade van Hoop-projek herdenk.
“Die 100ste Ons Winkel is op 28 Julie 2021 in Hermanus geopen en dit is vir Helpende Hand 'n onvergeetlike datum,” sê Marné du Plessis, bemarkingshoof van die Ons Winkels.
“Die 100 Dade van Hoop-projek is toe van stapel gestuur waar die winkels, bo en behalwe hul normale opheffingswerk, iets besonders in hul onderskeie gemeenskappe kon doen om die geleentheid te vier. Soos wat ons gegroei het, so het die Dade van Hoop-projek ook uitgebrei.”
Helpende Hand se eerste Ons Winkel het in 2010 sy deure in Centurion geopen. Hierdie winkel bestaan vandag nog. Vanaf 2010 tot 2023, het die Ons Winkels tot 125 winkels gegroei. Hierdie winkels is elkeen uniek, lyk verskillend en verkoop uiteenlopende items.
Daar is talle Ons Winkels in die Suid-Kaap en Karoo met van die winkels in ondermeer George, Mosselbaai, Stilbaai, Graaff-Reinet, Heidelberg, Knysna en Plettenbergbaai.
“Vanjaar het ons Dade van Hoop by al 125 Ons Winkels landwyd gevier. Elke winkeleienaar is versoek om ? item uit hul winkels as geskenk vir iemand in hul gemeenskap te gee en só iemand se lewe op te kikker.”
Du Plessis sê daar is van beddegoed, wintersklere, ? loopraam, materiaal vir ? jong man se opkomende besigheid, en kussings vir ? diereskut in die gemeenskappe teruggeploeg. ? Meisie is ook met ? matriekafskeidsrok bederf en ? vrou wat aan ? skoonheidskompetisie gaan deelneem, het ook ? spoggerige rok vir die geleentheid ontvang. Een van die winkels het selfs melktert en tee aangebied aan die bejaarde persone wat dié dag hul winkel besoek het.
“By een van die Ons Winkels was daar groot blydskap oor ? paar splinternuwe skoolskoene vir ? hulpbehoewende laerskoolleerling. ? Ander Ons Winkel het vir groot vreugde by ? plaaslike tehuis gesorg toe hulle bederfpakkies daar uitgedeel het,” sê Du Plessis.
By ? ander Ons Winkel het daar ? vrou ingestap wat by ? Christelike sentrum vir kinders van alle ouderdomme werk. Die vrou het reguit na die boeke gestap en ? hele stapel Bybels uitgehaal en na die betaalpunt geneem. Die winkeleienaar het die vrou daaroor uitgevra en sy het vertel wat sy doen. Sy het gesê sy het besef daar is ? groot tekort aan Bybels toe ? leerling haar gevra het of sy haar Bybel kan leen omdat sy nie een by die huis het nie. Die vrou se doel voor oë is nou om Bybels bymekaar te maak en uit te deel sodat elke gesin in die gemeenskap uiteindelik ? Bybel sal hê waaruit hulle elke dag kan lees. Die winkeleienaar het die Bybels gratis aan die vrou gegee as hul daad van hoop.
“Dié wonderlike projek het ons weer opnuut laat besef dat ? klein gebaar vir ? ander persoon baie kan beteken. Jy weet nie waardeur daardie persoon op die oomblik gaan in sy of haar lewe nie. So ? gebaar kan iemand opnuut weer hoop gee al is dit net ? bietjie. Is dit nie wonderlik om te weet dat daar meer as 125 persone reg oor die land is wat deur die projek geraak is nie?” sê Du Plessis.
Besoek www.onswinkel.co.za om jou naaste Ons Winkel op te spoor. Besoek ook Ons Winkel – Helpende Hand vir meer inligting.
Helpende Hand se Ons Winkels is ? sentrale punt waar die publiek enige tweedehandse items, waarvoor hul nie meer ? nut het nie, kan skenk.
Die goedere word dan verkoop en die opbrengste word deur Helpende Hand vir verskeie doeleindes aangewend om voorspoed in Afrikaanse gemeenskappe te verseker.
Honderde Afrikaanse studente word ook gehelp om aan ? geakkrediteerde tersiêre instelling te gaan studeer.
Die winkels skep ook werk en maak boonop maatskaplike hulp in gemeenskappe beskikbaar.
Helpende Hand se Ons Winkels is ? sentrale punt waar die publiek enige tweedehandse items, waarvoor hul nie meer ? nut het nie, kan skenk.
Besoek www.onswinkel.co.za om jou naaste Ons Winkel op te spoor. Besoek ook Ons Winkel – Helpende Hand vir meer inligting.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’