The New York Times het Sondag onthul Coca-Cola het verlede jaar $1,5 miljoen geskenk om die niewinsgewende organisasie Global Energy Balance Network (GEBN) op die been te bring.
Hy het ook sedert 2008 nagenoeg $4 miljoen vir die projekte van twee stigterlede, dr. Steven N. Blair en dr. Gregory A. Hand, verskaf.
Die GEBN volg ’n energiebalans-benadering tot die vetsugpandemie.
Prof. Tessa van der Merwe, ’n wêreldkenner op die gebied van vetsug, sê ’n mens kan nie elke dag ’n blikkie Coke drink en dink jy sal gesond wees nie.