TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Kupidoboog (Ku-pi-do-boog of Ku-pi-do-boog) s.nw.
1 Boog van Kupido of soos dié van Kupido, met die klassieke boogvorm, gekenmerk deur twee rondings met 'n inbuiging in die middel daarvan.
2 (met ’n kl. kupidoboog) Lyn van die bolip, natuurlik of met behulp van grimering aangebring, gekenmerk deur die vorm van die Kupidoboog: Beklemtoon jou kupidoboog met pêrelglans" (Sarie, 11 Mei 1933, 51 — byskr.). Lippe wat vernuftig ... tot ’n kupidoboog gevorm en toe ingekleur is (Huisgenoot, 19 Apr. 1968, 83).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'