Update
TUINROETE NUUS - Die verdagte in vanoggend se wilde jaagtog tussen George en Plettenbergbaai is vanmiddag in die polisie-aanhoudingselle in Plettenbergbaai dood. Die oorledene (39) van Thembalethu is vermoedelik deur ‘n mede-aangehoudene verwurg.
Die oorledene het vanoggend tussen 09:30 en 10:00 ‘n bakkie voor ‘n huis in Mbewustraat, Thembalethu gesteel. Die bakkie het geluier en die eienaar was vlugtig in sy huis toe die voertuig gesteel is.
Die diefstal is by die polisie aangemeld en kort daarna is die voertuig by Fourways in Thembalethu opgemerk. Die polisie het ondersoek ingestel waarna die verdagte met die gesteelde voertuig weggejaag het.
Verskeie voertuie, polisievoertuie asook vier munisipale verkeersvoertuie is in die jaagtog beskadig voordat die verdagte in Plettenbergbaai vasgetrek is.
Lees meer op sisterskoerant, George Herald.
Lees 'n vorige artikel: High speed car chase ends in ditch
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'