Ender Kaptein, wat in 'n baksteenhuisie op dieselfde gronde as die vervalle gebou woon, sê sy vriend het in sy arms gesterf en dat hy vir ses maande TB gehad het. Talmaggies het glo die oggend daar aangestrompel gekom en gesê: "Kleintjie, help my die ambulans bel! Ek voel ek gaan dit nie maak nie!"
Kaptein het gesien hoe sy vriend bloed spu en hoe sy tong erg opgeswel was. "Ek het inmekaar gesak en ek het hom vasgehou en met hom gesels dat sy gedagtes net nie in die slaap in sal wegraak nie, want dan het ek geweet, gaan ons hom verloor." Talmaggies en Kaptein was as kinders saam op op skool in Fraaisig.
Die Knysna Munisipaliteit se aansoek om 'n hofbevel dat die gebou gesloop moet word, is in Desember toegestaan en aan die eienaar bedien.
_551411972.jpg)
Die vervalle gebou op die hoek van Nelson- en Hedgestraat dien as toilet en slaapplek vir rondlopers en tikkoppe. Volgens bure is die gebou "die broeiplek van baie onheilighede" en reeds lank 'n onooglike bron van kommer in die buurt. Ronald Talmaggies het beswyk net regs van waar die persoon met die rooi hemp stap.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'