Deesdae se gonswoorde soos voedselsekuriteit, aardverwarming, afname in reënval en gesonde voedsel het alles direk te doen met die landboubedryf. Ongelukkig of gelukkig kom alles wat ons eet of drink direk of indirek uit die grond uit. Daarom is meer moderne boerderypraktyke van uiterste belang om aan te pas by en te voldoen aan hierdie vereistes.
Ongelukkig is dit so dat baie verkeerde persepsies oor hierdie aspekte bestaan en deur emosionele onkundiges opgeblaas word. Dit is daarom vir landbou in Suid-Afrika baie belangrik dat die publiek meer kennis van voedselproduksie moet kry om sodoende meer akkuraat hieroor te kan gesels.
Hierdie uitnodiging aan skole en individue is ‘n geleentheid soos vorige jare om hierdie doel te bereik.
Die plase wat dié jaar besigtig kan word is:
‘n Melkplaas - Kuylerboerdery naby George-lughawe. Elke oggend om 10:00.
Beesvleisproduksie - dr. Thys Strydom se Bosplaas naby Touwsranten/Hoekwil. Woensdagoggend 13 Oktober om 11:00 (enigste aanbieding).
Aartappelproduksie - 4 Brothers-pakstoor op lughawepad vanaf Blanco. Elke dag om 11:00 en 15:00.
Groenteverpakkingsaanleg - Tikketai in Beachweg, Pacaltsdorp. Elke dag van 09:00 tot 12:00 en van 13:00 tot 15:00.
Die produksie van verskillende kruie onder bedekking/tonnels - Sunny Herbs Farms op Geelhoutboompad. Donderdag 14 Oktober om 10:00 en 11:00 (slegs twee aanbiedinge).
Die besoeke is elke jaar hope pret en kinders en volwassenes leer baie op ‘n praktiese manier.
Skakel vir Stephan by 083 627 6765 of Wilmi by 072 673 4346 vir meer inligting of besprekings, veral vir groter groepe.

Plase buite George teen die agtergrond van die Outeniquaberg - nie net voedsel vir die liggaam nie, maar beslis ook vir die gees.