TUINROETE NUUS - ‘n Uitstappie na die naaste bloedbank is een van die uitstappies wat wel gedurende die inperking toegelaat word. Vryskutfotograaf Deidré Cloete, het gaan inloer wat presies hulle doen.
Cloete sê almal is so gefokus op die toetse wat gedoen word vir die huidige korona-pandemie, dat mense vergeet dat die gewone dag tot dag lewe aangaan.
Mense moet besef dat die bloedbank steeds daar is om mense se lewens te red met bloed wat geskenk word en broodnodig is, ook in hierdie tyd van afsondering. “Dis nou een rit wat wel toelaatbaar is,” verduidelik Cloete.
Sy sê hulle toets nie vir die virus nie, maar doen wel al hul gewone toetse om seker te maak die bloed is gesond en gereed vir wanneer dit nodig is. Sy het onlangs ‘n besoek afgelê by die laboratorium waar die bloed verwerk word.
Hier kon sy eerstehands ervaar hoe die personeel elke dag sorg dat skenkers se kosbare bloed sorgvuldig deur al die verskillende prosesse gaan sodat dit ook in hierdie krisistyd bruikbaar is vir die “gewone” pasiënte .
Cloete verduidelik dat daar ‘n sekere proses gevolg word. Eerste word bloed in die verskeie bloedgroepe verdeel en gemerk. Daarna word dit in ‘n masjien geplaas wat dit vir ses minute in die rondte draai.
Die bloed word op die sisteem gelaai.
Bloed word gevries om langer te hou.
Dan word ‘n proses gevolg om die kwaliteit van die bloed te toets, die bloed word dan gevries sodat dit langer hou en laastens word dit opgeskryf.
Die Wes-Kaapse Bloeddiens het in ‘n persverklaring op 17 Maart gesê dat hulle skenkers daaraan wil herinner dat dit steeds veilig is om bloed te skenk. Hulle het gesê daar is tans geen rede om te dink dat Covid-19 deur bloedskenking oorgedra word nie.
“Dit is gebaseer op die feit dat respiratoriese virusse in die algemeen, daarvoor bekend is dat dit nie deur bloedskenking oorgedra word nie.”
Die kwaliteit van bloed word getoets.
Bloed word gespin.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'