- Eie titel. U besit die erf en kry kaart en transport van die eiendom en kan dit dus weer verkoop of bemaak aan u erfgename.
- Daar is 'n keuse van 'n 1-slaapkamer huis met oopplan leefvertrek, kombuis, badkamer, stoep en motorafdak tot 2- en 3-slaapkamer huise. Die voorstellingsplanne van die huise, met pryse, is reeds beskikbaar.
- U koop die eiendom as plot en plan en sodra waarborge gelewer is word die huis gebou.
- 'n Moderne sorgsentrum, waarvan fase een reeds gebou is, sal binnekort in bedryf wees en deur professionele personeel bestuur word.
Oudtshoorn spog met uitstekende mediese dokters en word gereeld besoek deur spesialiste wat in Oudtshoorn hul dienste beskikbaar stel.
Die pryse wat alle kostes, onder andere oordrag- en prokureurskostes insluit, is as volg:
- 1 slpk huis vanaf R449 000
- 2 slpk huis vanaf R569 000
- 3 slpk huis vanaf R719 000
Indien u belangstel of meer inligting verlang, kan u ons besoek by:
Y-Not Eiendomme se kantoor, Baron van Reedestraat 55, Oudtshoorn.
Kontaknommers is: Kantoor 044 279 3017 of Hennie Davel 082 2140 865.