GEORGE SAKE NUUS - Tydens die 177ste Danisco Qualité dinee van die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe het Lancewood Holdings en Ladismith Kaas die streek se naam hooggehou. Lancewood Holdings en Ladismith Kaas het albei twee Qualité toekennings op 27 April by die geleentheid ontvang.
Ladismith Kaas het die gesogte titel van SA Suiwelproduk van die jaar verwerf vir hulle aangesuurde botter.
In die SA Kampioen-suiwelprodukte ka-tegorie het Lancewood Holdings gespog met nege kampioene en het hulle ook hard in die nek geblaas van Parmalat wat 12 kampioene gehad het en sodoende tweede in die kategorie geeïndig het.
Persone wat die 10de Kaasfees die afgelope naweek te Sandringham besoek het kon van hierdie suiwelprodukte proe.
Die Qualité embleem dien as die verbruiker se waarmerk in terme van hoogstaande kwaliteit. Vanjaar het slegs 14 produkte daarin geslaag om hierdie eerbewys te ontvang.
Pryswenners tydens die dinee. Agter van links: Danie Nel (Parmalat SA), Francois Colyn (Clover SA), Morne Malan (Lancewood Holdings), Francois van Zyl (DairyBelle), Arnold Nieuwoudt (Parmalat SA), Johan Ehlers (Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo), Davide Ostuni (Puglia Cheese cc), Jill de Kock (Parmalat SA), Jacques Coetzee (Ladismith Cheese), Cecil Hambridge (Ladismith Cheese) en Arinda Jones (Fair Cape Dairies). Voor van links na regs: Warren Bouwen (Stonelees Dairy), Henry Williams (Lancewood Holdings), Zanelle Sutherland (Marcel’s Frozen Yoghurt), Alan Taylor (Ladismith Cheese) en Haley Gardner (Honeydew Dairies). Foto: Roger Sedres