Sponsored Content Video
TUINROETE NUUS & VIDEO - Elke jaar bring unieke uitdagings, en as ons terugkyk oor 2021, is dit inderdaad so.
Die jaar het begin met onder andere strande wat gesluit was, terwyl ons aan die einde van 2020 'n Desember-vakansie beleef het waarin die paaie van ons land seker die stilste was in die laaste 20 jaar.
Min mense sou kon dink dat daar insidente sou wees soos dat branderplankryers deur die Suid- Afrikaanse polisie met skokgranate uit die see gejaag is.
Nog minder mense sou sekerlik kon dink dat die markte in 2021 so positief sou reageer ná al die onsekerhede waarmee die jaar begin het.
Kyk 'n video hieronder:
Op 31 Desember 2020 het die JSE op 59 408 punte gestaan, en die Amerikaanse Dow Jones op 30 409 punte.
Op 1 Desember 2021 staan die JSE op 70 639 punte en die Dow Jones op 34 483 punte.
Dit verteenwoordig 'n styging van 18.9% op die JSE en'n styging van 13.4% op die Dow Jones. Aandele het dus oor hierdie tydperk inflasie gemaklik met meer as 10% geklop, en beleggers wat die wisselvalligheid getrotseer het, is inderdaad met sterk opbrengste beloon.
Dit is uiters belangrik om te onthou dat niemand enige beheer het oor aandelebeurse of oor hoe die ekonomie van 'n land in die toekoms gaan vaar nie. Die een ding wat ons egter wel kan beheer, is ons eie gedrag en hoe ons beleggings bestuur.
Markte is en was nog altyd wisselvallig, en sal altyd wisselvallig bly, maar dit is nie die grootste risiko in die beleggingswêreld nie. Die grootste risiko is hoe daar op daardie wisselvalligheid gereageer word.
Nog 'n algemene fout wat beleggers begaan, is om nie altyd die krag van eenvoudige metodes in beleggings te besef nie: Eenvoudige reëls, eenvoudige tegnieke en toegewydheid oor die langer termyn. Geduld is van onskatbare waarde om suksesvol te wees in beleggings.
Vir ons George Sentraal- en Mosselbaai Diaz-kantore was 2021 ook uniek in dié opsig dat ons kantore uitgebrei het na Knysna en Plettenbergbaai.
Kom besoek ons gerus.
Ons wens almal 'n baie voorspoedige nuwe jaar toe!
“Successful investing is about managing risk, not avoiding it” - Benjamin Graham
Ons kantore langs die Tuinroete is:
PSG Mosselbaai Diaz
Sioux Gebou
16 Sioux Straat
Mosselbaai
PSG George Sentraal
Dynarc House, 2de Vloer,
31 Courtenay Straat
George
PSG Plettenbergbaai
7 Gibb Straat
Plettenbergbaai
PSG Knysna
Eenheid 1, Heads
View, Old Toll Pad,
Knysna
KANTOOR VAN DIE JAAR 2021
Die inligting in hierdie artikel is algemene inligting. Dit is nie finansiële, belasting-, regs- of beleggingsadvies nie en die maatskappye in die PSG Konsult Groep waarborg nie die geskiktheid of potensiële waarde daarvan nie. Aangesien individuele behoeftes en risikoprofiele verskil, stel ons voor dat jy jou gekwalifiseerde finansiële adviseur raadpleeg indien nodig. PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is ‘n goedgekeurde finansiële diensverskaffer. RFD 728
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'