As deel van hul besoek, bied Pro Musica twee konserte, met onderskeidelik die George Mannekoor en die Suid-Kaap Kinderkoor, onder leiding van Jan-Erik Swart, aan.
Die Pro Musica Koor is in 1984 gestig, en het reeds groot hoogtes bereik met optredes in Engeland, Skotland en Italië, waar hulle tydens die Venezia in Music-kompetisie (2011) 'n eerste plek behaal het. Hulle is bekende deelnemers by die Suidoosterfees en die ATKV
Animato-koorkompetisie, en is tans kampioene van die volwasse koorkategorie van die Stellenbosch-kunswedstryd.
Pro Musica bied 'n wye repertorium van koormusiek aan wat vanaf die Renaissance tot kontemporêre musiek strek.
Die eerste konsert vind plaas om 19:00 op Vrydagaand 24 Oktober tesame met die George Mannekoor, by die Denneoord NG kerk.
Die mannekoor het onlangs hul nuutste CD opgeneem.
Op Saterdagaand 25 Oktober tree die koor in Mosselbaai om 19:00 saam met die Suid-Kaap Kinderkoor, wêreldkoorspele-wenners asook Suid-Afrikaanse Animato-kampioene, by die Mosselbaai NG (Moedergemeente) Kerksaal, op.
Die Pro Musica Koor sal ook tydens die erediens van die NG Moedergemeente in George optree, voordat hulle na Hermanus terugkeer.
Kaartjies R60 per persoon en kan by 084 645 9320 bespreek word.

Die eerste konsert van die Pro Musica Koor van Hermanus, onder leiding van Annemarie Rautenbach, vind om 19.00 plaas op Vrydagaand 24 Oktober tesame met die George Mannekoor, by die Denneoord NG kerk.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'