Die kampioenskappe van 9 tot 11 Maart gehou is, is deur die Suid Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie aangebied.
Na 'n swakkerige vertoning die eerste dag het die span bo verwagting die laaste twee dae in onderskeidelik die tweede en eerste plekke geeïndig. Dit het vir hulle 'n algehele brons medalje in die sak gebring en amper 'n tweede plek. Die silwermedalje is net-net gemis met 'n enkele punt en het Sentraal-Noordwes (303 punte) dié posisie ingeneem. Limpopo het as wenners op 331 punte geeïndig. Die tuis unie, Westelike Provinsie was vierde, Noord Oos Mapumalanga vyfde met Natal sesde en Oostelike Provinsie in die laaste plek. Spankaptein, Koos Groenewald, was instrumenteel in die sukses van die span deurdat hy reeds vooraf die nodige tegnies inligting ingesamel het en het dit daartoe gelei dat die span nuwe hoogtes kon bereik. Hy is bygestaan deur Jannie Crafford (bestuurder) en Pieter Berry (reserwe) wat die hengelaars by die oewer bygestaan het en die nodige ondersteuning verleen het.
Hein Binedell van die Eden-hengelklub het die meeste vis(46) vir die kampioenskap gevang en is daarvoor met 'n medalje beloon. 'n Totaal van 1 886 visse is gevang met 'n gewig van 1 083.52kg. Suid-Kaap het 'n bydrae van 303 visse met 'n gewig van 204.66kg gelewer.
Die volgende ses lede het uitnodigings na die proewe vir Nasionale Protea kleure ontvang: Hein Bindell (Eden), Alaine Peo (Hartebeeskuil), Kobus le Grange (Kango), Renier van der Merwe (Kango), Francois Rautenbach (Eden) en Koos Nel (Kango).
.jpg)
Hengelaars in aksie in die Nasionale Varswaterhengelkampioenskappe.