RUGBY NUUS - Nege van die tien voorste rugbyspanne op die internasionale ranglys speel in die vyf toetswedstryde wat Saterdag regstreeks op televisie uitgesaai word.
Suid-Afrika, vyfde, speel teen in Dublin Ierland, wat vierde op die lys is. Vir die Springbokke se ondersteuners is dit loshand die belangrikste sport van die naweek.
Daarby speel Suid-Afrika ook in 'n sokkerwedstryd teen Senegal om vir die volgende Wêreldbekertoernooi te probeer kwalifiseer.
Dié kragmeting, die Nedbank-gholf by Sun City, waar byna R100 miljoen op die spel is, en die Brasiliaanse Grand Prix is van die ander hoogtepunte wat regstreeks uitgesaai word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'