Gallery
SPORT NUUS - Groot opgewondenheid heers onder die groep talentvolle seuns wat gekies is om SWD te verteenwoordig by die Grant Khomo o/16-rugbytoernooi in Kimberley 27 tot 30 Junie.
Die spelers het tydens 'n geselligheid by die Mosselbaai-gholfbaan op Woensdag, 22 Junie hulle petteseremonie gehou.
FOTOGALERY: Grant Khomo o/16-rugbytoernooi
Internasionale rugbysepeler, Meyer Bosman, wat vir Stade Français, in Frankryk uitgedraf het, was een van die eregaste wat die oorhandiging behartig het.
Die span se eerste wedstryd is Maandag, 27 Junie teen die Blou Bulle.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'