Met die oog op die Londen 2012 Olimpiese Spele wat eersdaags begin, het hierdie saak weer onder die vergrootglas gekom. Die werkswinkel is onder die vaandel van die Riaan Loots-veldtog aangebied om veral die opkomende sportlui teen die euwels te waarsku.
Die kursusleiers, Rafiek Mammon en Gary Naidoo van die SA Institute for Drug-Free Sport, het 'n uitstekende en praktiese werks-winkel aangebied.
Feite wat na vore gekom het is onder andere:
- Elke toets kos ongeveer R2 500 om te doen - daarom kan daar nie net lukraak getoets word nie;
- Die meeste sportlui is onkundig oor wat nie gebruik mag word nie;
- Dit geld ook vir baie aptekers wat nie weet watter middels op die verbode lys van WADA is nie;
- Baie atlete besef ook nie die langtermyn gevolge van die gebruik van verbode middels in sport nie;
- Daar is selfs baie ouers wat hulle kinders aanmoedig of voorsien van hierdie middels om beter te presteer.
- Die SWD-sportraad beplan om weer opvolgkursusse te hou om die sportlui van die SWD beter in te lig oor die uitdaging.
- Betrokkenes by die veldtog teen opkikkers in sport wat in die SWD aangebied is, is van links) Abrie de Swardt (voorsitter SWD Afrigtersvereniging), Christel Johannes (tesourier: SWDSR), Gary Naidoo en Rafiek Mammon (SA Institute for Drug-Free Sport), Dave van der Walt (SWDSR - organiseerder) en Desmond Speelman (vise-voorsitter:SWDSR).