SUID-KAAP NUUS - SWD se Matthys Beukes (George) het die strawwe Momentum Health Attakwas Extreme Saterdag in 4:56:56 gewen.
Meer as 1 400 bergfietsryers, van so ver as België het die 121 km-ren tussen Chandelier Wildsplaas (Oudtshoorn) en Pine Creek (Groot-Brakrivier) aangepak.
Oudtshoorn se Yolandé de Villiers was algeheel 33ste en in 'n tyd van 6:01:32 die vierde vrou oor die eindstreep.
Sabina Spitz het in 'n honderdste van 'n sekond die derde plek van De Villiers ontneem.
Kyk 'n video op ons susterkoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'