KNYSNA NUUS - Caleb Meyer van Laerskool Knysna het Saterdag 12 Oktober tydens die Ligakompetisie in Knysna 'n pylstert (Blue Ray) met 'n 670 mm vlerkspan en gewig van 13.9 kg gevang.
Dit is aangekondig as die nuwe Eden Junior Rekord.
Caleb sal ook vir Eden o.16 ELTBAA (Eden Light Tackle Boat Angling Association) verteenwoordig by die 2020 SA-kampioenskappe in Deneysville.
Caleb is tans ook die top junior hengelaar.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'