Vyf van hul gimnaste is in die Wes-Kaapse gimnastiekspan opgeneem om aan die SA Kampioenskappe in Kaapstad te gaan deelneem.
Die gimnaste is Sinaso Stevens, Janneke van Zyl, Teuns van Buuren, Jocelyn van Reenen en Kirsten Smit. Buiten Van Buuren wat op vlak 5 deelneem, kompeteer almal in vlak 4.
Teuns het tydens die afgelope Wes-Kaapse gimnastiekkampioenskappe 'n vlak 5-bronsmedalje verower en 'n algehele eerste plek behaal in dié kategorie.
Janneke het tydens dieselfde byeenkoms 'n vlak 4-bronsmedalje verower, terwyl Jocelyn met 'n silwermedalje vir vlak 4 weggeloop het.
Jocelyn het ook 'n algehele tweede plek behaal in die vlak 4-kategorie.
Vyf gimnaste van Hoërskool Knysna is in die Wes-Kaapse gimnastiekspan opgeneem. Hulle is (van links) Sinaso Stevens, Janneke van Zyl, Teuns van Buuren, Jocelyn van Reenen en Kirsten Smit.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'