Kyla Kruger het Vlak 4 by SA's in Pretoria namens KHS-gimklub verteenwoordig en algeheel negende geindig.
Kyle Groome - Vlak 4 SWD, Kirsten Smit, Sherolee Prinsloo, Jocelyn van Reenen, Danielle Behrens and Kyla Kruger (almal Vlak 4 by die Wes-Kaap kampioenskappe), Wandiza Kakaza, Lanya America, Jade Benn, Robyn de Vries, Sinaso Stevens, Liezl Luiters, Nalise Roman, Nadine Malan, Kristen Blaauw, Yvonnique Williams en Nazeem Grootboom het almal hul SWD-kleure verower en het in Uitenhage aan die Suid-Zone gimnastiekkampioenskappe deelgeneem.
Robyn de Vries, Sinaso Stevens, Jade Benn en Kristen Blaauw het elk `n goue medalje by Suid-Zone teen die WP, OP en Boland verower. De Vries het ook 'n platinum (die hoogstemedalje tydens die Suid-Zone Gimnastiekkampioenskappe te Uitenhage verwerf.

Hierdie vlak 1-3 gimnaste van die Hoërskool Knysna het almal hul SWD-kleure verower en het in Uitenhage aan die Suid-Zone gimnastiekkampioenskappe deelgeneem. Van links is Wandiza Kakaza, Lanya America, Jade Benn, Robyn de Vries, Sinaso Stevens, Liezl Luiters, Nalise Roman en Nadine Malan. Afwesig was: Kristen Blaauw, Yvonnique Williams en Nazeem Grootboom.
'Ons bring jou die nuutste Knysna | Tuinroete nuus'