Gallery
TUINROETE NUUS - Tydens die afgelope naweek se Oostelike Provinsie Interprovinsiale Byeenkoms te Port Elizabeth het die Eden-tweekampspan die distrik se naam hoog gehou en met nie minder as agt medaljes teruggekeer huistoe.
Op Saterdag 20 Oktober, in heerlike weersomstandighede, is die hardloopkomponent van die byeenkoms op die Westbourne Oval afgehandel, terwyl die swemkomponent in die puik Newton Park-swembad gehou is.
Ander provinsies wat deelgeneem het was Grens, Oostelike Provinsie (OP), Griekwas en Vrystaat. Die spankompetisie is deur OP gewen met Eden in die tweede plek, gevolg deur Grens en dan Vrystaat. Eden moes egter sonder baie van hulle potensiële medaljewenners klaarkom. Johan Windt was in Argentinië, Chris van Wyk het ander verpligtinge gehad en die Schlechter-gesin van die Knysna-gebied was doenig by die Wes-Kaapse Swemkampioenskappe.
Die Eden-span, saamgestel uit 43 atlete en swemmers, het baie goed gevaar en agt medaljes huistoe gebring waaronder vier goud, drie silwer en een brons. Denise de Jongh is aangewys as die senior victrix ludorum terwyl Matthew van Coller se tyd ‘n nuwe SA-rekord is vir die S/15. Dit moet egter nog deur SA Tweekamp bekragtig word.
Anlize Vermeulen (middel) en Denise de Jongh (links) was van die top hardlopers in die Eden-span.
In ‘n paar ouderdomsgroepe was daar afstand-aanpassings in die hardloop S/15, S/17, S/19 en senior mans se afstande het nou almal verander na 1 600m.
Artikel: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'