SWD se kaptein, Ross McMillan, het die loot gewen en Boland ingestuur om te kolf.
SWD se boulers het suinig te werk gegaan en die Bolanders beperk tot `n skaflike totaal van 137/5 in hul toegelate boulbeurte.
SWD se openingskolwer, Waldo Lategan, het 33 lopies aangeteken om sy span `n wenkans te gee.
Die tuisspan se twee sterkolwers, Christiaan Jonker (44; 27 aflewerings, 4x6, 1x4) en Ross McMillan (39*; 37 aflewerings, 2x4) het daarna vasgeskop vir `n vennootskap van 66 lopies om die span na `n oorwinning te lei met slegs vyf balle oor.
Garry Hampson (afrigter), Christiaan Jonker, Waldo Lategan, Ross McMillan (kaptein), Siviwe Gidana, Gurshwin Rabie, Erinn Ewerts, Brendon Louw en Lyndon Volkwyn. Voor: Luthando Mnyanda, Louise Liebenberg (Fisioterapeut), Pieter Stuurman, Justin Jordaan, Jean Heunis en Sammy-Joe Avontuur. Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'