Tydens die SWD-kompetisie het Riandi Stander ‘n tweede plek behaal in die gewigstootitem vir dogters o/17. Dylan Stander het eerste plekke verower in die 100m, 200m en ver-spring vir seuns o/19.
By die provinsiale kampioenskappe het Dylan Stander ‘n goue medalje gewen in die ver-spring. Hy is gekies om die Wes-Kaap te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Skolebyeenkoms wat van 25 to 28 Maart in Rustenburg gehou word.
