Hero's Name: Janine Bruce
Accolade Type: Making a difference
Applauded for: Gemeenskap heldin
Nominated By: Milicia Pretorius
Janine Bruce het 'n groot hart. Sy bestuur die WOMB TO TOMB COMMUNITY CENTRE, wat baie mense in die gemeenskap help, al sedert 2012. Die organisasie help meer as 300 mense, insluitend kinders, kos gee elke dag. Sy is ook besig met die YearBeyond program wat vir 22 jongmense werksgeleentheid geskep het en wat aan meer as 400 skoolkinders 'n geleentheid gee om hul lees- en wiskundevaardighede te verbeter vir hul toekoms. Janine het ook 'n werkskeppingsprogram begin onder die Parkdene Baptistekerkgebou wat skooluniforms maak en herstel sodat die gemeenskap 'n geleentheid het om te werk. Die hoofdoel van die WOMB TO TOMB COMMUNITY CENTRE is om die gemeenskap 'n geleentheid te gee om te groei en Janine het 'n groot gedeelte van haar lewe gegee om die gemeenskappe van George te verbeter.
