Ten spyte van omstanders en nooddienspersoneel se verbete pogings, is Anya Johnson met aankoms by die Life Bay View-hospitaal in Mosselbaai dood verklaar.
Volgens die omgewingskundige, mnr Fred Orban van Boggomsbaai, is dit na sy wete die eerste verdrinking op die strand in menseheugenis.
Meneer Edward Johnson sê sy vrou het sonder enige oorweging van haar eie veiligheid die see ingehardloop toe die golwe een van haar seuns van sy lyfplank afgeslaan het. Sy twee boeties het ook in die rowwe see en sleurstroom gesukkel, maar het steeds aan hul lyfplanke kon vashou.
"My dogter en haar vriend het my vrou en die seuns te hulp gesnel met 'n paddle ski. Hulle het die seuns na veiligheid gehelp. My dogter het by haar ma in die branders gebly, maar Anya het baie moeg geword. Hulle het haar daarna met die paddle ski tot op die strand gebring."