Past. en me. Riana van Deventer en hul vriende, Johan en Marlene Schoeman, asook die Schoemans se drie kinders, was gedurende die vakansie vir ‘n paar dae saam weg na Pumula (naby Hibberdene).
Hul luilekker vakansie het Donderdag in ‘n nagmerrie ontaard toe mnr. Schoeman en sy vrou met ‘n mes aangeval is.
Past. Van Deventer vertel dat hulle baie naby aan die strand gebly het, maar dat hulle met die voertuig afgery het strand toe, omdat hulle so baie goed gehad het om te dra.
Mnr. Schoeman het begin braai en past. Van Deventer het gou opgestap na hul blyplek om nog iets te gaan haal. Hy was nog nie eers by die huis nie, toe hy me. Schoeman se gille hoor.