Die News was uitgenooi om saam met dié lede op 2 April die strate te patroleer tydens ‘n bewustheidsveldtog.
Die spesiale operasie het in samewerking met plaaslike polisie afgeskop waar ‘n gesinsgeweld geval, waar mede-inwoners mekaar op straat aangevat het en mekaar met fisiese geweld gedreig het, eerste op die agenda was.
Die perseel was geondersoek en die operasie het voort geduur.
Verder het die span verskeie verdagte huise ondersoek waar die verkoop en misbruik van onwettige dwelms plaasvind.
Alhoewel daar nie genoeg bewyse gevind is om arrestasies te maak nie, was dit duidelik dat die gebied ‘n dwelm epidemie in die gesig staar.
Appelpark, of Blikkies soos wat die plek na verwys word, was die laaste besoek vir die aand.
Die naguile was baie aktief in die strate en het heeltyd op en afbeweeg soos wat die News, die GPF-lede en polisie die strate stadig ingery het.