NASIONALE NUUS -'n Veroordeelde verkragter, wat agt jaar nadat hy ‘n vierjarige meisie van Mosselbaai brutaal verkrag het, deur 'n enkele haar met die misdryf verbind is, is vandag in die Oudtshoorn-streekhof, 15-jaar na die verkragting, tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.
Geregtigheid het uiteindelik vir die slagoffer, wat vandag al 19 jaar oud is, geseëvier.
DNS-resultate het jare lank gesloer, maar het inderdaad die beskuldigde, Makhosandile Nomga (42), positief verbind met die verkragting op 14 Mei, 2008.
Nomga is in 2016 deur die ondersoekbeampte in die saak, ao Tata Marks, in die George-gevangenis in hegtenis geneem waar hy reeds besig was om ‘n 30-jaar lange vonnis uit te dien vir ‘n ander verkragting.
Die staatsaanklaer wat die saak suksesvol ondersoek het is Corné Pretorius.
Corné Pretorius
Lees meer op susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’