Video
MOSSEL BAAI NUUS EN VIDEO - ‘n Reddingshelikopter is na die see by Reebok naby Kusweg ontbied nadat ‘n gemotoriseerde hangsweeftuig na bewering vanoggend, op Maandag, 19 September in die see gestort het.
Mosselbaai-NSRI se André Fraser is tans op die toneel en sê ‘n inwoner het die NSRI om ongeveer 06:50 gekontak.
“Die persoon sê hy het by sy woning in Kusweg uitgestap en ‘n hangsweeftuig oor die see sien sirkel voor dit na bewering in die water geval het.”
Die NSRI is geaktiveer en is steeds op die toneel. ‘n Soektog het tot dusver niks opgelewer nie.
VIDEO: André Fraser - NSRI Duty Cox
LEES MEER op susterskoerant, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'