OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het vanoggend weer 'n watermonster by die Kerkstraat-reservoir geneem. Dit het gister aan die lig gekom dat hierdie reservoir deur E.coli besmet is.
Die munisipaliteit wag tans op die uitslae van toetse op watermonsters wat vanoggend geneem is en hulle sal die publiek inlig sodra daar enige veranderinge is.
Volgens Aurelia Oliphant, munisipale woordvoerder, is daar geen teken van besmetting by die dorp se ander reservoirs nie.
Verskeie stappe word gevolg om te verseker dat die water weer so gou as moontlik veilig is vir menslike gebruik.
Die waarskuwing dat water eers gekook moet word, geld dus steeds tot verdere kennisgewing. Al borsel inwoners tande, moet die water eers gekook wees.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'