MOTORNUUS - Motorliefhebbers se harte het Saterdag 30 Maart warm geklop toe die Just Wheels-motorgroep van Stilbaai weer met hulle voertuie by die Brugmark gespog het.
Die vuurwaens het gewissel van stokoud tot splinternuut en die eienaars se liefde vir hulle motors was voelbaar.
Die stigter van Just Wheels, Johan Beetge, het middel 2016 besluit om 'n groep te skep waar die pragtige ou motors van die omgewing wat meestal net staan, tot hulle reg kan kom en weer gebruik kan word.
Die groep is nie 'n klub nie, maar net 'n klompie mense met 'n passie vir alles wat 'n enjin het. Hulle probeer so veel moontlik motorskoue bywoon en reël ook gereelde ontbytuitstappies.
Belangstellendes kan Beetge kontak by 083 725 3790.
Saterdag se uitstalling het 31 voertuie gelok.
'n Gesogte Morris paneelwa uit 1964 wat aan Jan van Rensburg behoort.
Foto's: Deona Aucamp
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'