Gallery
MOTORNUUS - Die Just Wheels-motorgroep se uitstalling by die Stilbaai Brugmark vroeër die maand was behoorlik 'n mengelmoes van motor-lekkerkry.
Die vuurwaens het in gelid gepronk, van 'n 1958 Saab tot 'n 2006 Jaguar. Daar was iets vir almal se smaak en eienaars het gretig rondom oop enjinkappe stories vertel en wenke uitgedeel.
Maar waarom is dit vir motorentoesiaste so lekker om met hulle vuurwaens op 'n skou saam te trek?
Volgens Johan Beetge wat die groep in 2016 begin het, gaan dit oor die plesier om 'n ou vriend (met 'n enjin) nog 'n kans te gee om die kollig te geniet en van nut te wees.
Daar is kopstukke gesels rondom die oop enjinkappe.
Hy sê daar is baie klassieke motors in die Hessequa-streek wat net staan en oproes.
'n Groep soos dié bied eienaars die geleentheid om op gereelde uitstappies te gaan en saam skoue by te woon.
As petroldampe nou eenmaal in jou are is, is dit daar om te bly.
Die Austin Mini kom uit 1962. LINKS: 'n 1958 Saab 93B wat die trots van Vos Vorster van Stilbaai is. Foto's: Deona Aucamp
''Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'