Die bestuurder van dié poskantoor, Nico Pekeur sê personeel is toegewyd en werk as ’n span saam. “Ons het ooreengekom om nie net die spreekwoordelike ekstra myl te loop nie, maar 500 myl ekstra as dit nodig is.”
Ndala Mnisi, hoof van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se kleinhandelbesigheid, sê die eerbewys is daarop gemik om goeie diens aan te moedig en spanwerk te bevorder. “Ek is trots op hierdie kantoor en hoop hulle sal voortgaan om sulke effektiewe, professionele diens te lewer.”
Wenners van die kliëntedienstoekennings word geïdentifiseer deur kliënte wat 'n vorm wat in elke kantoor beskikbaar is, voltooi. Die getal erkennings en klagtes word ook in aanmerking geneem voor ‘n tak in aanmerking kom vir ‘n toekenning. Die pryse is op ’n erkenningsgeleentheid vir diensstandaarde by die President Hotel in Kaapstad oorhandig.

Aan weerskante van bestuurder, Nico Pekeur staan twee kollegas van Pretoria, Joyce Maseko (links) en Christa Kruger.
'Ons bring jou die nuutste Knysna | Tuinroete nuus'