TUINROETE NUUS - Die Tuinroete is in die kollig in seisoen 2 van die reisprogram, Op Soek na Eden, wat Woensdagaande om 19:30 op die televisiekanaal, Via te sien is.
Kykers kan uitsien na 13 episodes.
Joernalis Marliza van den Berg neem kykers op interessante afdraaipaaie na die wegkruipjuwele, avonture, asemrowende natuurskoon en persoonlike stories van die mense van die Tuinroete.
Die program kyk na feeste, interessante blyplekke, bekyk die streek vanuit die lug en ervaar dit op die water.
Van den Berg sê haar ervaring van die Tuinroete is van 'n plek waar jy veilig is, lekker kan inpas en maklik deel van die gemeenskap voel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’