TUINROETE NUUS - Norgarivier Kwekery in George het ‘n ruim skenking ontvang van Ball Straathof SA en Kirchoffs-saad vir Knysna se vuurrampslagoffers.
Hulle het 5 000 pakkies sade geskenk en 1 000 bondels van vyf pakkies saad elk opgemaak.
Met hierdie donasie kan brandslagoffers nou weer begin om hul tuine kleurvol te verfraai en plantegroei vir bye en insekte skep.
Die saad word reeds uitgedeel aan slagoffers nadat daar aanvanklik eers gewag is vir die broodnodige reënval.
Morné Lochner van Norgarivier Kwekery kan gekontak word by 083 462 8855 vir die afhaal en verspreiding van sade.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'