TUINROETE NUUS - Die man, wat Maandag 24 Julie, in 'n botsing op die N2 naby die Vleesbaai-afrit dood is, was 'n inwoner van Kaapstad.
'n Vragmotor, 'n bakkie en 'n voertuig was in die botsing betrokke, wat om ongeveer 13:45 plaasgevind het.
Adjudant-offisier Kappie Kapp, die polisiewoordvoerder, sê die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie en die Kwanonqaba-polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag.
Die botsing het ongeveer 20 km van Mosselbaai in die rigting van Albertinia plaasgevind.
Voor druktyd kon daar nog nie daarin geslaag word om met die oorledene se familielede in kontak te kom nie en kan die identiteit van die oorledene nog nie bekendgemaak word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’