Video
KNYSNA NUUS EN VIDEO - Andries Keyser is ’n passievolle stoomtrein-ingenieur wat al jare lank daaroor droom om die Outeniqua Choo-Tjoe te ry.
Met dié dat die Choo-Tjoe vir meer as ’n dekade al nie meer loop nie, het hy besluit om sy eie miniatuur inspeksielokomotief saam te bring op vakansie na Knysna.
In die video hieronder neem Knysna-Plett Herald-joernalis, Stefan Goosen lesers op ’n rit saam met Andries, op die trein genaamd Doreen, en gesels bietjie met Andries oor sy passie vir nie net stoomtreine nie, maar die herbou van die Outeniqua Choo-Tjoe onder meer.
Uitsigte soos min al gesien het, en die klik-klak van die trein op die spore maak die rit tussen Brenton-on-Lake en Knysna-treinstasie saam met hierdie Pietermaritzburger iets om te beleef.
Kyk die video:
Andries Keyser – volstoom op pad met sy droom om die Outeniqua spoorlyn aan te vat.
Die miniatuur stoomtrein Doreen.
Lees Andries se volle storie, en ook meer oor hoe sy rit skielik kortgeknip is, in die volgende uitgawe van die Knysna-Plett Herald, asook aanlyn.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: STEFAN GOOSEN, KNYSNA-PLETT HERALD
VIDEOSAMESTELLING: WESSEL VAN HEERDEN
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'