TUINROETE | KAROO NUUS - ChatGPT is die laaste tyd baie in die nuus, maar wat behels dit presies?
In kort, ChatGPT is 'n toepassing wat, deur middel van kunsmatige intelligensie (KI), hoogs gevorderde gesprekke kan voer en dokumente, soos opstelle, kan produseer.
In hierdie artikel, het ek ChatGPT en Google Translate gebruik om te bewys hoe kragtig en toeganklik moderne tegnologie word.
Ek het 'n vraag gestel aan ChatGPT (op die ChatGPT-toepassing op my selfoon) en het toe die Engelse teks wat ChatGPT geproduseer het (die antwoord op die vraag) vertaal in Afrikaans met Google Translate. Die vraag wat ek vir ChatGPT gevra het is: "Write an essay explaining what ChatGPT is in layman's terms (150 words)".
Die 'antwoord' wat ek deur Google Translate laat vertaal het, is soos volg:
"ChatGPT is soos 'n superslim rekenaarprogram wat gesprekke met mense kan voer. Dit is opgelei in 'n groot hoeveelheid teks uit boeke, artikels en webwerwe om te leer hoe mense praat en reageer op verskillende vrae en opdragte. Wanneer jy met ChatGPT interaksie het, kan jy 'n vraag of boodskap intik net soos jy aan 'n vriend sou doen. Dit lees jou insette en genereer dan 'n reaksie op grond van wat dit geleer het.
"Jy kan ChatGPT allerhande dinge vra, van algemene kennisvrae tot help met skryf of selfs net vir 'n prettige geselsie. Dit probeer sy bes om nuttige en relevante antwoorde te gee, net soos 'n regte persoon sou doen. Maar onthou, dit is nie 'n mens nie - dit is 'n rekenaarprogram. Dus, hoewel dit inligting en voorstelle kan verskaf, is dit dalk nie altyd akkuraat of het dieselfde begrip en oordeel as 'n persoon nie."
"ChatGPT leer altyd en word deur sy skeppers verbeter om dit nog slimmer en betroubaarder te maak. Dit is 'n oulike hulpmiddel wat gesprekke met 'n rekenaar meer natuurlik en boeiend kan laat voel."
Asemrowend om die minste te sê. ChatGPT het op 'n veel duideliker manier aan die lesers verduidelik wat ChatGPT is, en Google Translate se vertaling is voorwaar foutloos. Beide ChatGPT (die intree toepassing) asook Google Translate is toepassings wat verniet afgelaai en gebruik kan word (op hierdie stadium).
'n Mens se eerste indruk is dat hierdie tipe tegnologiese ontwikkelings wonderlik is en tot ons as mense tot voordeel is, maar is dit regtig?
Dink maar net watter wonderlike opstelle 'n skoolkind kan skryf, en deur Google Translate kan vertaal in Afrikaans, sonder dat die onderwyser enigiets vermoed. Maar, is dit werklik tot voordeel en positiewe ontwikkeling van die kind? Dit laat 'n mens wonder, nê?
Prof. Rossouw von Solms is 'n emeritus professor en lid van die Sentrum vir Navorsing in Inligting en Kubersekerheid aan die Nelson Mandela Universiteit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’