Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Boplaas Familie Wingerde in Calitzdorp is al vir ses generasies in die Nels se besit en 'n trotse familiebesigheid.
Al drie die kinders werk saam met hul pa, Carel, die keldermeester.
Die twee dogters, Margaux en Rozanne, is onderskeidelik wynmaker en bemarkingsbestuurder. Margaux het haar meestersgraad voltooi, met Portugese kultivars as tafelwyne as haar studieveld en die jongste, Daniel, is distilleerder en ook betrokke by bemarking.
Boplaas is spesialiste in Mediterreense kultivars. Die Portugese kultivar, Tinta Barocca, het heel toevallig sy weg na Boplaas gevind. Die familiepatriarg, oupa Danie Nel, het Shiraz-stokkies in die laat 70's van 'n kwekery in die Kaap bestel, Tinta Barocca ontvang, nie geweet nie, en 10 jaar lank wyn gemaak. Sy seun Carel, terwyl hy wynkunde aan die Universiteit van Stellenbosch studeer het, het besef dat die wingerde nie die gewenste Shiraz is nie. 'n Reis na Portugal het gevolg, waar die Nels vriende gemaak het met van die Douro se topprodusente en onder meer die kuns van portwyne bemeester het.
Die klimaat van Calitzdorp is soortgelyk aan die van die Douro-Vallei, dus is ander rooi Portuguese kultivars geplant, nl. Touriga Nacional, Souzao, Touriga Franca en wit Verdelho en Alvarinho.
Besoek die Boplaas-proelokaal en geniet plaaslike wyn van die area by Redberry Farm in George Maandae tot Saterdae van 09:00 tot 16:00. Gaste kan die reeks wêreldklas wyne, port, whisky, brandewyn en gin proe. Kaasborde, sjokolade parings, skemerdrankies en vele meer word by die proelokaal aangebied.
Besoek www.boplaas.co.za vir meer inligting of skakel 079 282 0095.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’