Rotary Mossel Bay has been actively involved in the community of Mossel Bay since 1960 and Fynbos Heights is the second Rotary retirement development with the very popular Santos haven as the first. The involvement of Rotary in these projects, emphasize the ethical leadership to provide facilities where the rights of the elderly are protected and thus a safe and affordable option in this much needed niche market, is offered. Rotary offers the added benefit of having had clean audits consistently over many years and the planning, management and marketing of Fynbos Heights, gives credence to the mission of Rotary.
Die ontwikkeling, wat geleë is langs Pinnacle Point op pad na die Garden Route Casino, het al die potensiaal om hierdie die beste leefstyl oord in die land te maak. Die pragtige uitsig na Vleesbaai in die Suide en omring deur natuurlike fynbos, met die Pinnacle Natuurreservaat as bure, kan die rustige natuur geniet word in veiligheid en met alle noodsaaklike dienste, hospitale en winkels binne vyf kilometer. Eie titel eenhede in drie fases word bemark en daar is twaalf verskillende planne en tipes beskikbaar. Die koper mag sy eie keuse van afwerking ten opsigte van vloerbedekking, kaste, teëls en verfkleure maak. Die ontwikkeling spog reeds met ’n moderne en goed toegeruste siekeboeg en ’n gekwalifiseerde suster aan diens. Etes, skoonmaakdienste en tuinhulp word ook aan inwoners voorsien.
Die suksesvolle verkope van Fynbos Heights word toegeskryf aan die vertroue wat voornemende kopers in Rotary het. Groot belangstelling van regoor Suid-Afrika, asook uit die buiteland, het tot die gevolg dat 75% van fase 1 en 2 reeds verkoop is. 37 van die reeds voltooide eenhede word al bewoon en daar sal in Desember 2016 sowat 70 inwoners op ’n permanente basis, die ontwikkeling bewoon.
- Eie titel eenhede
- Kwaliteit bouwerk en afwerking
- Keuse uit verskeie planne sodat elke eenheid uniek en volgens die eienaars se behoeftes is
- Die kwaliteit mense wat eenhede koop asook die fantastiese span professionele deskundiges wat in noue samewerking met die inwoners en Rotariërs ’n ware gemeenskap vorm
- Veiligheid en gemoedsrus wat binne die ontwikkeling heers
- Die natuurskoon en uitsig wat die ontwikkeling omring
Die suksesverhaal van Fynbos Heights kan net toegeskryf word aan die gesonde beplanning, bestuur en samewerking tussen die Mosselbaai Rotariërs, Mosselbaai Munisipaliteit, plaaslike besighede en ’n bemarkings-span onder die uiters bekwame leiding van Marinette Smith. Met die gesamentlike ervaring van meer as 30 jaar tussen André van Greunen (Voorsitter van ontwikkelings), Ian Hamilton (argitek), De Villiers Neethling (Bourekenaar) en Marinette Smith (bemarking), by die ontwikkeling van ses aftree-oorde in die Suid Kaap, tesame met die volle trustee raad se betrokkenheid by verskillende besture van ander Rotariër oorde, word kosbare gemoedsrus aan voornemende kopers gebied.
Hierdie is voorwaar ’n trotse Mosselbaai produk wat deur Mosselbaaiers tot stand gebring is met die wêreldwye reputasie van Rotary International as rugsteun!