Okkie, daarenteen, fokus meerendeels op die plaasmark en sê dat veral leefstylplase steeds goed verkoop. In teenstelling is die aanvraag vir groter kommersiële plase nie so groot nie.
"Dit wil voorkom asof banke meer geredelik finansiering aan veral salaristrekkers met 'n goeie kredietrekord voorsien, hoewel dit steeds vir
"Die twee vernaamste bateklasse waarin beleggers by voorkeur belê is grotendeels aandele en eiendomme. Wanneer die mark soos nou 'n insinking op die aandelebeurs verwag weens internasionale verwikkelinge in veral China, maar ook Europa en die VSA, word eiendomme as belegging baie aanloklik. Boonop is aftreebeleggers lief om in die Mosselbaai-omgewing en veral in Hartenbos te vestig, daarom dalk dat die eiendomsmark in Mosselbaai goed vertoon.
Sedert 2010 het die eiendomsmark in Mosselbaai volgehou gegroei en het in 2011 en 2012 veral baie goed vertoon.
Die onder-aanbod in die huurmark kan ook die gevolg van 'n sterk vakansieverhuringsmark wees.