Of jy nou kinders het of nie, kry vir jou Lochner se boek Diereland. Dis loutere leesgenot.
My ma het natuurlik nie net oor die twee primate se doen en late vir ons gelees nie - daar was Slaaptydstories, die Kinderbybel met die mooiste prentjies, Pippie Langkous se streke en nog duisende ander verhale wat ons verbeelding uitgedaag en ons nagtelike sowel as ons dagdrome aangevul het. Wat 'n wonder.
Danksy my ma en die skrywer Helena Lochner het ek reeds as kind geweet dat enige aap of bobbejaan hulle oogtande sou gee om tog net te kon lees.