Breaking News
GEORGE NUUS - Bianca Buitendag van Victoriabaai het vanoggend deurgedring na die eindronde in die vroueafdeling van die Olimpiese Spele. Dit beteken dat sy beslis ‘n medalje gaan wen – dit is of goud of silwer.
Dit is die eerste keer dat branderplankry by die Olimpiese Spele as sport aangebied word.
Die 27-jarige Buitendag het kort voor haar vertrek na Japan gesê sy sal tevrede wees as sy ‘n plek op die podium behaal.
Yvette Buitendag, Bianca se ma, het kort gelede aan George Herald gesê dis ‘n wonderwerk dat Bianca deurgedring het.
Bianca het op Facebook geskryf as jy ooit ‘n wonderwerk in jou lewe nodig het onthou vandag.
Die finaal vind vanoggend plaas. Die kompetisie het begin en dit word nou uitgesaai op dstv 201 en 210.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'